Geloof 23 Maart – God los my nie Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan
Geloof 22 Maart – Hoop wat hou Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. - Hebreërs 6:19 (AFR83) Oordenking: Ons hoop in God is soos ’n anker wat ons vashou in die storms. Wanneer ons nie geanker is nie, dan word ons heen en weer geslinger in
Geloof 21 Maart – God bly getrou Dit is deur die troue liefde van die Here dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. My erfdeel is die Here, sê ek; daarom hoop ek op Hom. - Klaagliedere 3:22–23 (AFR20) Oordenking:
Geloof 20 Maart – Ek mag swak wees Ter wille van Christus verheug ek my in swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede; want wanneer ek swak is, juis dan is ek sterk. - 2 Korintiërs 12:10 (AFR20) Oordenking: In ons swakheid kom God se krag na vore. Ons hoef nie sterk voor te gee nie. Ons moet net
Geloof 19 Maart – God se tyd is anders God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. - Prediker 3:11 (AFR83) Oordenking: God werk
Geloof 18 Maart – Volhard stadig en leer "omdat julle weet dat, as julle geloof getoets word, dit volharding meebring. Maar julle volharding moet tot volledige ontwikkeling kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees, en in geen opsig tekort skiet nie. - Jakobus 1:3–4 (AFR20) Oordenking: Moeilike tye vorm volharding in ons. God gebruik
17 Maart – Klein liggies in donker tye En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie. - Johannes 1:5 (AFR20) Oordenking: Selfs die kleinste lig verdryf donkerte. God se lig bly skyn. Ons werk is om getrou aan Hom vas te hou en Hom toe te laat om deur ons te
Geloof 16 Maart – Wanneer moed min is Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! - Psalm 27:14 (AFR83) Oordenking: Om op die Here te vertrou is ook nie maklik nie. Dit verg krag en uithouvermoë. Dit is maklik om op die Here te vetrou wanneer dit goed gaan - maar
Geloof 15 Maart – God dra my Die ewige God is 'n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit, Hy beveel: ‘Roei uit!’ - Deuteronomium 33:27 (AFR83) Oordenking: Wanneer ons krag min raak, dra God ons. Sy arms hou ons vas. Hy is ons bron van krag, maar partykeer
Geloof 14 Maart – Klag is ook gebed Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug. - Psalm 62:9 (AFR20) Oordenking: Ons mag ons harte voor God uit stort, selfs met klag en seer. Hy is ons Vader en by Hom vind ons skuiling en rus. Wanneer
Geloof 13 Maart – Geloof is soms net aanhou Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. - Hebreërs 10:36 (AFR83) Oordenking: Volharding is deel van geloof. Soms is geloof net om nie op te gee nie. Vraag / Uitdaging: Waar moet jy vandag aanhou? Gebed: Here, gee
Geloof 12 Maart – Hou vas al verstaan jy nie Vertrou op die HERE met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie. - Spreuke 3:5 (AFR20) Oordenking: Vertroue beteken om vas te hou, selfs wanneer dinge nie sin maak nie. Ons eie insig skiet vêr tekort en daarom moet ons vashou aan die Here met
Geloof 11 Maart – Vrae sonder antwoorde Ja, my planne is nie julle planne nie,en julle paaie is nie my paaie nie,” is die uitspraak van die Here. “Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my paaie hoër as julle paaie, en my planne as julle planne." - Jesaja 55:8–9
Geloof 10 Maart – Moeg maar nie alleen nie Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. - Jesaja 40:29 (AFR83) Oordenking: God weet hoe moeg ons raak. Hy gee krag aan dié wat uitgeput voel. Vraag / Uitdaging: Het jy al die punt bereik wat jy voel dat jy nie meer kan nie? Op
Geloof 9 Maart – Hoop teen hoop Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.” - Romeine 4:18 (AFR83) Oordenking: Ware hoop rus nie op omstandighede nie, maar op God se beloftes. Abraham kon na sy
Moeilike Tye 8 Maart – God is naby die gebrokenes Die Here is na aan hulle wat gebroke harte het; wie se gees verpletter is, verlos Hy. - Psalms 34:19 (AFR20) Oordenking: Het jy al 'n oomblik gehad waar jy so gebroke is en jou gees verpletter is? Dit voel nie altyd so nie, maar in sulke tye is
Moeilike Tye 7 Maart – Trane voor God U het self my lotgevalle opgeteken. Hou tog my trane in u leersak. Staan dit nie in u boekrol nie? - Psalm 56:9 (AFR20) Oordenking: God sien elke traan raak. Niks van ons pyn is vir Hom onsigbaar nie. Vraag / Uitdaging: Waaroor huil jy wat jy dalk wegsteek? Gebed: Here,
6 Maart – Gebede wat nie verander nie Hieroor het ek die Here drie maal gesmeek dat dit van my moet wyk. Maar Hy het vir my gesê: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Daarom sal ek my baie liewer op my swakhede beroem, sodat Christus se krag my kan beskut.
Moeilike Tye 5 Maart – Wag sonder antwoorde Goed is dit om stil te hoop op die verlossing van die Here. - Klaagliedere 3:26 (AFR20) Oordenking: Wag vra geduld en oorgawe. God werk ook in wagtye. Dit is nie maklik of lekker nie, maar dit is soms baie nodig. Vraag / Uitdaging: Waar word jy gevra om te wag?
4 Maart – God voel stil Hoe lank nog, Here ? Gaan U my vir altyd vergeet? Hoe lank nog gaan U u gesig vir my verberg? - Psalms 13:2 (AFR20) Oordenking: Daar is tye wanneer God se stilte hard voel. Stilte beteken egter nie afwesigheid nie, maar die gevoel is daar. Dit is dan uiters nodig
Moeilike Tye 3 Maart – Twyfel is menslik Onmiddellik roep die vader van die kind uit: “Ek glo! Kom my ongeloof te hulp!” - Markus 9:24 (AFR20) Oordenking: Twyfel beteken nie dat geloof afwesig is nie. Soms leef geloof en twyfel langs mekaar. Dit is hoe ons die twyfel hanteer en nie Wie toe ons gaan met die
Geloof 2 Maart – Hoekom gebeur dit? Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? - Matteus 27:46 (AFR20) Oordenking: Party vrae het nie vinnige antwoorde nie. God nooi ons om ons “hoekom”-vrae eerlik na Hom toe te bring. Selfs Jesus het
Geloof 1 Maart – Wanneer dinge swaar raak Die Here is na aan hulle wat gebroke harte het; wie se gees verpletter is, verlos Hy. - Psalms 34:19 (AFR20) Oordenking: Moeilike tye is deel van elke mens se lewe. Die Bybel belowe nie ’n probleemvrye pad nie, maar wel God se teenwoordigheid en redding te midde van swaarkry.
verhoudings 28 Februarie – Liefde wat bly En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie – maar die grootste hiervan is die liefde. - 1 Korintiërs 13:13 (AFR20) Oordenking: Baie dinge kom en gaan, maar liefde bly. Dit is die grootste gawe. Jy kan alles in die lewe hê of reg kry, maar sonder liefde is jy
verhoudings 27 Februarie – Genade in verhoudings Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade. - Johannes 1:16 (AFR20) Oordenking: God se genade is oorvloedig. Dit wat ons in oorvloed van God ontvang, moet ons met ander deel sonder om terug te hou. Die wêreld is hard op 'n mens. Jy is