1 min read

22 April – God dra my

22 April – God dra my
My Heer moet geprys word! Dag ná dag dra Hy ons, God is ons verlossing. Sela. - Psalm 68:20 (AFR20)

Die Here dra ons elke dag. Hy dra ons jeuk en maak ons laste ligter. Dit gebeur ook nie op sigself nie, maar met dié wie hul lewe aan die Here oorlaat en op Hom vertrou. Ons gehoorsaamheid en oorgawe teenoor die Here laat ons toe om met vreugde en vrede dag vir dag aan te pak, met die wete dat dit nie saak maak waardeur ek gaan nie - die Here dra my dag na dag. Hy is die een waarop ek staatmaak, omdat ek my lewe aan Hom toewy – weet ek ek is in die beste hande.