Volharding 20 September – Moenie die klein oorwinings mis nie Want wie het die dag van klein dinge gering geskat? - Sagaria 4:10 (AFR20)
Volharding 19 September – Groei saam met ander Maar spoor mekaar elke dag aan, solank daar nog van “vandag” sprake is, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. - Hebreërs 3:13 (AFR20)
Dissipline 18 September – Dissipline bring vryheid 'n Stad wat deurbreek is, sonder 'n stadsmuur, so is iemand sonder selfbeheersing. - Spreuke 25:28 (AFR20)
Dissipline 17 September – Bly by die Woord maar wat vreugde vind in die wet van die Here en sy wet dag en nag mymerend prewel. So iemand sal wees soos 'n boom geplant langs watervore, wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie verdor nie. Alles wat hy aanpak, gedy. - Psalm 1:2–3 (AFR20)
Volharding 16 September – Wanneer groei ongemerk voel Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd. Hy het ook die besef van tydsduur in hulle harte gegee, sonder dat die mens enigsins die werk wat God van begin tot einde doen, kan peil. - Prediker 3:11 (AFR20)
Dissipline 15 September – Getrou oor tyd Julle het inderdaad volharding nodig, sodat julle, wanneer julle die wil van God gedoen het, die belofte kan verkry. - Hebreërs 10:36 (AFR20)
Dissipline 14 September – Oefen jou geloof Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef. - 1 Timoteus 4:7 (AFR20)
Dissipline 13 September – Vasbyt in gebed Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed. - Romeine 12:12 (AFR20) Wanneer ons volhard in gebed, bly ons geanker in God se krag en leiding. Ons fokus bly op die regte plek. Ons word opdrag gegee om standvastig te wees - wat beteken dat
Volharding 12 September – Groei vra gehoorsaamheid As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam het en in sy liefde bly. - Johannes 15:10 (AFR20)
Dissipline 11 September – Moenie moed verloor nie Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes. - Galasiërs 6:9 (AFR20)
Volharding 10 September – Klein gewoontes, groot invloed Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan, en wie in die geringste oneerlik is, is ook oneerlik waar dit om baie gaan. - Lukas 16:10 (AFR20)
Volharding 3 September – Volhard wanneer dit moeilik is Gelukkig is die man wat versoeking deurstaan, want as hy die toets slaag, sal hy die oorwinningskrans van die lewe ontvang, wat God beloof het aan hulle wat Hom liefhet. - Jakobus 1:12 (AFR20)
Volharding 2 September – Groei vat tyd En Hy het gesê: “Die koninkryk van God is soos 'n man wat saad op die land uitstrooi, en nag ná nag gaan slaap, en dag ná dag opstaan, en die saad ontkiem en groei – hoe, weet hy self nie. - Markus 4:26–27 (AFR20)
Volharding 1 September – Getrou elke dag Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. - Klaagliedere 3:23 (AFR20)
Tevredenheid 31 Augustus – Gebed van dankbaarheid Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie. - Psalm 136:1 (AFR20)
Tevredenheid 30 Augustus – Tevredenheid maak los Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks. - Prediker 5:9 (AFR20)
vreugde 29 Augustus – Vreugde in God se teenwoordigheid U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. - Psalm 16:11 (AFR20)
Tevredenheid 28 Augustus – Dankbaarheid na beproewings Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is teen sy sindat Hy mense in ellende en beproewing bring. - Klaagliedere 3:31–33 (AFR83)
Tevredenheid 27 Augustus – Tevredenheid in God se voorsiening “Moet julle daarom nie bekommer en vra, ‘Wat sal ons eet?’ of ‘Wat sal ons drink?’ of ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. Dit is immers alles dinge waarna die heidennasies soek...
vreugde 26 Augustus – Vreugde wat aansteek Spreuke 15:15 AFR20 [15] Al die lewensdae van 'n magtelose is sleg, maar vrolikheid van hart is 'n voortdurende fees. Wanneer ons lewe vol vreugde is, het dit die krag om ander op te hef. Soos 'n voortdurende fees, dit trek aandag en bring vrolikheid en
Tevredenheid 25 Augustus – Dankbaarheid in gebed Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. - Filippense 4:6 (AFR20) Gebed moet nie gaan sonder danksegging nie. Hier word ons aangemoedig om ons versoeke te rig in gebed met danksegging. Met danksegging herinner ons onsself
Dankbaarheid 24 Augustus – Tevredenheid beskerm teen gierigheid Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe word nie bepaal deur die oorvloed van sy besittings nie.” - Lukas 12:15 (AFR20)
Tevredenheid 23 Augustus – Vreugde in gehoorsaamheid Gelukkig is mense wie se lewenspad onberispelik is en wat die wet van die Here volg! - Psalm 119:1 (AFR20)
Tevredenheid 22 Augustus – Dankbaarheid bring lig “Dank die Here, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde,” moet hulle sê wat deurdie Here vrygekoop is ... - Psalm 107:1-2a (AFR20)
21 Augustus – Tevredenheid en vrede Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heilige Gees. - Romeine 15:13 (AFR20) God vul ons met vrede wanneer ons ons hoop in Hom plaas. Daai vrede kom ook saam met