7 Oktober - Die Here verwag getrouheid
Kyk, getrouheid verwag u reeds in die moederskoot, in die verborgenheid leer U my wysheid. - Psalm 51:8 (AFR20)
Kyk, getrouheid verwag u reeds in die moederskoot, in die verborgenheid leer U my wysheid. - Psalm 51:8 (AFR20)
Getrouheid is dalk iets wat ons leer of kweek, maar die Here verwag dit van ons van die begin af. Om met integriteit te lewe in waarheid, is nie opsioneel nie. Wanneer ons getrou is, dan plug ons die vrug daarvan. Getrou teenoor God, getrou teenoor ons werk, getrou in ons huwelik, getrou in ons persoonlike lewe.
Die eienskap van getrouheid is daar, maar wanneer ons die Skrif bestudeer dan leer ons waar en hoe ons getrou kan wees in alle omstandighede sodat ons die Here eer kan bring daardeur.
Waar moet jy tans aandag gee om meer getrou te wees?