21 Oktober – Integriteit bou vertroue
Wie reg doen en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed. - Spreuke 20:7 (AFR20)
Wie reg doen en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed. - Spreuke 20:7 (AFR20)
’n Lewe van integriteit laat ander veilig voel. Dit raak die mense om jou, nie net jouself nie. Die keuses wat ons maak het 'n impak op ons nageslag en jou nageslag pluk die vrug van jou eerlike en opregte lewe.
In die Ou Testamanet praat dit van die wat die Here dien se nageslag word tot in die duisendste geslag geseën, maar die wie die Here straf se nageslag word ook gestraf tot in die 3de en 4de geslag. Al hoe hierdie bloedlyn vloeke as t'ware gebreek kan word is om te bekeer.
Van die begin af leer ons in die Bybel dat die lewe wat jy leef, 'n groot impak het op jou nageslag en dus het ons 'n verantwoordelikheid om reg en eerlik te lewe.