22 Oktober – Waarheid bevry
en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. - Johannes 8:32 (AFR20)
en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. - Johannes 8:32 (AFR20)
Jesus leer vir die jode hier dat as hulle na Hom luister en getrou bly by sy woorde, dat hulle waarlik Sy dissipels is. Dat hulle die waarheid sal ken en dit hul sal bevry. Die waarheid maak vry. Eerstens in ons geestelike lewe en ook in ons persoonlike lewe.
Die waarheid maak seer, dit is nie lekker nie en partykeer is dit hard om dit te erken, maar al hoe 'n mens vorentoe beweeg is om die waarheid in die gesig te staar en daarmee te werk.
Jy kan dalk jouself of die mense om jou probeer flous, maar jy kan nie die Here flous nie.