20 Oktober - Keuses het gevolge
Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. - Galasiërs 6:7 (AFR20)
Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. - Galasiërs 6:7 (AFR20)
Wat ons saai, sal ons maai. Dit het ons al telkemale keer gehoor. Die herinnering vir ons hierin lê dat ons nie moet dink ons gaan iets anders oes as dit wat ons saai nie. Paulus praat hier met die gemeente en vermaan hulle om mekaar se laste te dra, om te fokus op die geestelike lewe en die geestelike natuur en nie te fokus op die vlees nie. Hy moedig die gelowiges aan om te saai in hul geestelike lewe, sodat hul die vrug van die ewige lewe kan oes.
Ons keuses het gevolge. As iemand anders dink dan flous hy net homself. Dit is vir ons 'n oproep vanoggend om onsself te herinner daaraan dat ons keuses saak maak. Dit wat ons saai, gaan bepaal watter oes ons gaan kry.
Waar is jy besig om vandag te saai? Op jou vlees of gees?