19 Oktober - Eerlik oor my foute
Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. - 1 Johannes 1:9 (AFR20)
God se genade kom ons eerlikheid tegemoet wanneer ons ons sondes teenoor Hom bely. Belydenis herstel ons verhouding met God. Dit is belangrik om uit te lug dat ons nie eers vir ons sondes vergewe word wanneer ons daarvoor jammer sê nie, maar dat ons onsself oop maak teenoor God, die verhouding probeer herstel en erken dat ons fout gemaak het.
Wees eerlik oor jou foute vandag en vra die Here om vergifnis - sodat jy met vrymoedigheid tot Hom kan nader. Dankie tog dat die Here se genade soveel groter as ons sonde is!