29 Oktober – Integriteit in verhoudings
Die wonde deur 'n geliefde toegedien, word opreg bedoel, maar oordrewe is die soene van iemand wat haat. - Spreuke 27:6 (AFR20)
Die wonde deur 'n geliefde toegedien, word opreg bedoel, maar oordrewe is die soene van iemand wat haat. - Spreuke 27:6 (AFR20)
Eerlike liefde bou gesonde verhoudings. Wanneer ons in liefde mekaar hanteer en dit opreg bedoel, dan kweek dit 'n gesonde omgewing vir verhoudings om te floreer. Dit bou integriteit en vertroue, al maak dit soms seer. Dit gee vir mekaar vrymoedigheid om mekaar op te bou en te ondersteun en ook te vermaan.
Wanneer jy iemand vermaan of teregwys of probeer help, hoe jy dit doen is baie belangrik. Al het mens die wereld se liefde, as dit verkeerd benader word dan kan dit meer skade doen as wat dit enigsins help. Al word die waarheid mooi gedeel, is dit steeds seer, maar omdat dit reg oorgedra en ontvang is - bou dit op.