3 November – Wanneer die jaar jou moeg maak

3 November – Wanneer die jaar jou moeg maak
Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee. - Matteus 11:28 (AFR20)

As ons moeg is, dan nooi God ons om by hom te kom krag vind deur die Here Jesus. Ons ken hierdie teks goed en dis nodig om onsself weer daaraan te herinner, veral waar baie van ons hierdie tyd van die jaar redelik moeg is en dalk opsien na die werk wat nog voorlê.

God wil hê ons moet tyd maak om te rus. Vir my is dit moeilik om selfs vir 5 minute net stil te sit sonder om enigiets te doen. Iemand het my onlangs gevra, waarvan hardloop ek? Hoekom sukkel ek om stil te sit of om stil te wees sonder om iets te MOET doen. Ek weet nie. Ek weet nie of ek net so "ge-wire" is nie en of daar dalk onderlangs iets is wat ek probeer vermy nie - maar een ding is duidelik: ek moet leer om tyd te vat en net 'n bietjie stil te staan in die oomblik en kans te gee dat die Here my gedagtes weer kan fokus.

Hoe voel jy op die oomblik? Moeg? Of gereed vir die laaste stuk van die jaar?