4 November – God voltooi Sy werk

4 November – God voltooi Sy werk
juis hiervan oortuig dat Hy, wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van •Christus Jesus. - Filippense 1:6 (AFR20)

God los nie Sy werk halfpad nie. Wat Hy begin het, sal Hy voltooi. Op Hom kan ons daarvoor staatmaak! Een van my swakhede is dat ek vinnig aandag verloor of besig raak met ander goed dan vergeet ek om iets af te handel. Dit kan vir die mense om my vreeslik frustrerend wees en dit is iets wat ek myself nou moet bewus van maak die heeltyd sodat ek dit kan probeer bestuur of om dit werk. Dit kan maak dat ek mense in die steek laat.

Die Here is nie so nie, Hy laat ons nie in die steek nie en ons kan op Sy Woord en beloftes staat maak. Ons moet onsself net gedurig daaraan herinner en onthou om aan te hou vorentoe beur met ons geloofspad en nie moeg of mismoedig word nie. God is getrou en het nie swakhede soos ons mense wat swakhede het nie.