5 November – Volhard in die klein dinge
Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes. - Galasiërs 6:9 (AFR20)
Getrouheid in klein dinge bou volharding. God sien elke poging raak. Dit kan mismoënd raak wanneer ons hard probeer en aanhou, maar nie die vrug sien nie. Die vraag is nie noodwendig of ek net volhard nie, maar wat moet ek leer terwyl ek volhard en wag vir die oes om in te kom?
Ons weet nie wanneer die oes in kom nie, maar ons weet die Here verwag vir ons om te volhard. Dit kan wees dat ons iets moet leer of ontwikkel in die proses, of dat die Here ons dalk wil gebruik iewers. Die Here sien wel alles raak en hy sien die moeite en volharding. Dalk moet jy die Here vra om jou nie net te help om te volhard nie, maar om jou te leer en jou te laat groei terwyl jy in die proses van volharding is.