18 Oktober – Waarheid in liefde

18 Oktober – Waarheid in liefde
Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof. - Efesiërs 4:15 (AFR20)

Om in die waarheid te bly behels dat ons moet uit kyk en oppas vir valse leringe, mense wat ons dalk mislei en vas staan wanneer ons geloof aangeval word. Ons kan mekaar reg help om te leer wat waar is, maar HOE ons dit doen gaan maak of ons as 'n span / liggaam kan saam werk of nie.

Hoeveel skade is daar al in die liggaam gemaak omdat mense nie in liefde by die waarheid kan bly nie? Mekaar nie mooi kan reg help of verdra nie... Hoe kan jy in liefde die waarheid deel?