2 Okotber - Volharding lei na Geestelike Groei
“Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan, en elke mens in alle wysheid onderrig, sodat ons elke mens voor God kan stel as volwasse in Christus. Daarvoor span ek my ook in, terwyl ek die worstelstryd voer, in ooreenstemming met sy krag, wat met mag in my werk.” - Kolossense 1:28-29 AFR20 Om Christus te verkondig en uit te leef teenoor die mense om ons verg volharding. Dit is maklik om op te gee of om nie lus te wees om die extra moeite te maak nie, maar wanneer ons volhard dan bly ons saai en ons weet nooit waar en wanneer die saad kan grond vat nie. Dit help ons ook om te groei in ons geloof, want hoe meer ons dit doen hoe makliker begin dit ook raak.