27 Oktober – Eerlik in my woorde
Laat die woord ‘ja’ by julle werklik ‘ja’ wees, en julle ‘nee’ ‘nee’. Meer as dit is uit die bose. - Matteus 5:37 (AFR20)
Laat die woord ‘ja’ by julle werklik ‘ja’ wees, en julle ‘nee’ ‘nee’. Meer as dit is uit die bose. - Matteus 5:37 (AFR20)
Bedoel jy wat jy sê? Hou jy by jou woord? Wat is 'n mens as hy nie by sy woord kan bly nie? Partykeer maak ons die fout om "hard-op" te dink... ek weet ek doen dit self baie, en vir die mense om jou kan dit verwarring bring.
Wanneer ons iets sê en nie daar by hou nie, dan maak dit dat mense nie kan staat maak op wat ons sê nie en dat hulle nie weet wat om van ons te verwag nie.
Terselfde tyd geld dit nie net met verhoudings nie, maar ook in die werksplek en besigheidstransaksies. 'n Persoon se woord gaan hul vooruit en mense weet of iemand se woord iets beteken of nie.
Is jy eerlik met jou woorde? Of gebruik jy jou woorde om ander te mislei of om jouself uit moeilike situasies dalk te kry deur die waarheid 'n bietjie te draai?
As Kinders van die Here moet ons oggend en aand praatjies ooreenstem en wat ons sê moet ons doen.