6 Oktober - Leef in die Lig
Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.” - Johannes 8:12 (AFR20)
Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.” - Johannes 8:12 (AFR20)
Ons moet Jesus volg. Ons moet agter Hom aanstap en as ons doen, dan sal ons in die lig wandel. Daar is baie mense wat sê hulle glo in Jesus, maar hulle volg hom nie. Paulus moedig ons in 1 Korintiërs 11:1 ook aan om sy voorbeeld te volg soos hy Christus se voorbeeld volg.
Wanneer ons Jesus volg en in die lig wandel, dan getuig ons lewe daarvan. Ons lewe is gekenmerk deur waarheid, deur die keuses wat ons maak en die integriteit waarvolgens ons lewe. Ons steek niks weg nie en ons doen wat reg is.
Kan die mense om jou sien dat jy in die lig lewe?