16 Oktober – Kies die regte pad

16 Oktober – Kies die regte pad
“Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.” - Matteus 7:13–14 (AFR20)

Die regte pad is nie altyd die maklike een nie. God roep ons om gehoorsaam te wees en die regte pad te kies. Net voor hierdie verse word ons opdrag gegee om die Here te vra vir wat ons wil hê en nie skaam te wees om te vra nie, maar na hierdie teks waarsku hy ook weer teen valse profete. Ons het die vryheid om te doen soos ons goed dink, maar ons moet in ag neem dat ons die Here se leiding nodig het en sal moet kies of ons na Hom luister, of mense om ons wat nie die waarheid verkondig en wie reg adviseur nie.

Om die regte pad te kies is ons verantwoordelikheid, maar om dit te kan doen moet jy ook weet wat die regte pad is. Kies die Lewe, kies om jouself te onderwerp aan die Here sodat Hy jou bron van waarheid en leiding kan wees.