26 Oktober - ’n Reguit pad
Die gebaande weg van opregtes is om weg te draai van die kwaad; wie sy lewe wil beskerm, gee ag op sy lewenspad. - Spreuke 16:17 (AFR20)
Die gebaande weg van opregtes is om weg te draai van die kwaad; wie sy lewe wil beskerm, gee ag op sy lewenspad. - Spreuke 16:17 (AFR20)
Die regte pad beskerm ons lewe en bring eer aan God. Om op die regte pad te bly is 'n daaglikse stryd waar ons keuses moet maak tussen reg en verkeerd, of minder reg en minder verkeerd. Daar is nie altyd baie duidelike lyne nie, maar wanneer ons opreg saam met die Here wandel, dan word dit makliker om die keuses te maak en met die Heilige Gees se leiding onderskeid te kan tref wanneer situasies nie altyd so duidelik is nie.
Daar kom natuurlik groter en moeiliker keuses en versoekings oor ons pad, maar wanneer ons die baan wat ons wil stap ook afgebaken het, dan bly ons makliker op die nou pad.
Hoe lyk jou pad waarop jy tans is?