12 Oktober - Integriteit wanneer niemand kyk nie
Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang. - Spreuke 11:3 (AFR20)
Wie is ons wanneer ons alleen is? Wanneer niemand kyk nie, is jy eerlik? Die keuses wat ons maak in die geheim het 'n invloed op die pad wat ons loop. God sien tog alles raak en dus word ons integriteit getoets wanneer niemand kyk nie.
Waar word jou integriteit tans getoets?