28 Oktober – Keuses uit geloof
Hy wat egter twyfel wanneer hy eet, staan al klaar veroordeel, omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. Alles wat jy nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde. - Romeine 14:23 (AFR20)
Hy wat egter twyfel wanneer hy eet, staan al klaar veroordeel, omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. Alles wat jy nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde. - Romeine 14:23 (AFR20)
Keuses wat nie uit geloof kom nie, bring innerlike spanning. Die gelowiges word geleer dat kos wat by ons mond in gaan maak ons nie onrein nie, maar wat by ons mond uit gaan maak ons onrein. Wanneer die gelowiges kos eet wat aan gode ge-offer is, het dit geen effek nie en kan hulle dit eet sonder om te kommer, maar party glo dat hul nie mag nie. As jy glo dit is reg om dit te eet, maar twyfel wanneer jy dit eet - dan doen jy dit nie werklik uit geloofsoortuiging nie en dan bring dit innerlike spanning.
Dieselfde met wanneer ons in geloof keuses maak en dinge aanpak. As ons innerlike spanning beleef dan het ons moontlik nie genoeg geloof in die keuse wat ons gemaak het en God wat die pad gaan laat uit draai volgens sy wil nie. Die vraag wat ek egter myself af vra is - wanneer word die keuse uit geloof en om nie te kommer, nie meer geloof nie, maar dalk dwaasheid?
Het jy keuses wat jy uit geloof al gemaak het en begin wonder of dit dalk tyd is om werklik te kommer en vroegtydig op te treë en 'n ander keuse te moet maak? Dit is waar ek myself tans bevind - en dit is moeilik.