19 April – Dien deur te volg
As iemand My wil dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer. - Johannes 12:26 (AFR20)
Om Jesus te dien beteken dat ons Hom volg - dat ons in Jesus se voetspore stap. Paulus sê dat ons sy voorbeeld moet volg soos hy Christus se voorbeeld volg. Daar is baie mense daar buite wat sê dat hulle die Here dien, maar hulle lewe weerspieël dit nie.
Mag ons so agter Jesus aanloop, dat ons Jesus se voorbeeld volg en Hom werklik dien dat dit sigbaar sal wees vir die wêreld daar buite dat ons kinders van die Here is.