1 min read

20 April – Nie my krag nie

20 April – Nie my krag nie
Toe het hy geantwoord en vir my gesê: “Dit is die boodskap van die Here aan Serubbabel, ‘Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees,’ sê die Here, Heerser oor alle magte. - Sagaria 4:6 (AFR20)

God se werk gebeur nie deur menslike krag nie, maar deur Sy Gees. Met oorgawe erken ons ons afhanklikheid aan die Here. Daar is dinge in ons lewens wat buite ons beheer is en buite ons vermoë. Ons moet op God staatmaak om ons te help en om vir ons deur te kom. Nie my krag nie, maar deur die Heilige Gees.