1 min read

17 April – Vertroue groei met tyd

17 April – Vertroue groei met tyd
Wie u Naam ken, kan op U vertrou, want U laat hulle wat U soek nie in die steek nie, Here. - Psalm 9:11 (AFR20)

Vertroue in God groei soos ons Hom leer ken. Dit word gevorm deur ervaring en gehoorsaamheid. Hoe langer ons 'n pad met die Here stap, hoe sterker word ons geloof. My pa verwys gereeld terug na die Israeliete wat klippe gepak het en altare gebou het elke keer wanneer die Here vir hulle deurgekom het. Wanneer dit swaar gaan of hulle sukkel, dan het hulle teruggegaan na die altars toe om hulself te herinner aan wat die Here in die verlede gedoen het. Hy sê ons moet vir onsself ook sulke "altars" bou of klippe pak, sodat wanneer ons deur moeilike tye gaan, ons kan terugkyk en onsself kan herinner aan God se getrouheid.

Hierdie tipe geloof en vertroue groei net met tyd. Dus, hoe langer jy 'n pad met die Here stap hoe beter word jou vertroue in Hom.