5 April – Oorgawe is ’n keuse
Broers, op grond van die barmhartigheid van God roep ek julle dus nou op om julle liggame beskikbaar te stel as 'n offer wat lewend en heilig is, en vir God aanneemlik. Dit is julle sinvolle godsdiens. - Romeine 12:1 (AFR20)
Oorgawe gebeur nie een keer nie, maar elke dag. God nooi ons om ons lewens as ’n lewende offer te bring. 'n Lewende offer moet geboei word as t'ware... verbeel jou in die Ou Testament wanneer hulle lewendige offers aan die Here gebring het. As hulle die skaap op die alter plaas, dan spring hy af en probeer weg hol ... Nee, hulle het die dier se voete vas gebind sodat dit nie kan af klim nie.
Dit is die beeld wat hier geskep word. As jy 'n lewendige offer vir die Here is dan moet jy jouself basies "vas bind" om op die altar te bly. Dit moet daagliks gedoen word.
Wat sou jy sê sal dit behels om jouself daagliks te "bind" om 'n lewendige offer vir die Here te kan wees?