1 min read

21 April - Watter slaaf is jy?

21 April - Watter slaaf is jy?
Besef julle nie dat as julle julleself vir iemand beskikbaar stel om hom as slawe te gehoorsaam, julle slawe is van die persoon aan wie julle gehoorsaam is nie? Julle is óf slawe van die sonde, wat tot die dood lei, óf slawe van gehoorsaamheid, wat lei tot geregtigheid. - Romeine 6:16 (AFR20)

Dit waaraan ons onsself oorgee, vorm ons. Gehoorsaamheid vorm ons na God se beeld. Wie ookal jy na luister, gee rigting en het invloed in jou lewe. 'n Slaaf gehoorsaam sy eienaar. Aan wie behoort jy?