16 April - Lewe heilig
Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. - 1 Tessalonisense 4:3
Om in oorgawe te lewe beteken dat ons ook gehoorsaam moet wees en besluite moet maak sodat ons lewens heilig is. Dit behels doelbewuste keuses om onsedelikheid te vermy en so te lewe dat my lewe n getuienis kan wees.
Wanneer ons gehoorsaam is aan die Woord van God en dit ons riglyn maak dan is die resultaat n heilige lewe wat God behaag.