9 April – Vertrou al sien jy nie
Want ons leef deur geloof, nie deur aanskoue nie. - 2 Korintiërs 5:7 (AFR20)
Dit is moeilik om aan te hou beweeg wanneer 'n mens nie die volle prentjie kan sien nie. Vertroue verg dat ons in geloof aan hou en glo dat God vir ons gaan lei op die regte pad.
My ouma het altyd gesê dat geloof en vertroue is soos om fiets te ry. Ons moet trap en vertrou dat die Here aan die stuur is. As ons nie trap nie, dan staan ons stil en val om. Ons moet aan hou trap om aan die beweeg te bly en eers as die fiets aan die beweeg is, dan kan die stuurwiel gebruik word om ons in 'n rigting te beweeg.
As jy nie die pad vorentoe kan sien nie en stilstaan uit vrees, dan gaan jy nêrens kom. God nooi ons om in geloof te wandel en ons vertrou op Hom te plaas - nie in dit wat ons voor ons kan sien nie.