25 April – God is betroubaar
Jy moet weet dat die HERE jou God inderdaad God is, die betroubare God wat die verbond en troue liefde in stand hou vir duisende geslagte lank, vir hulle wat Hom liefhet en sy gebooie nakom. - Deuteronomium 7:9 (AFR20)
Ons leer dat God getrou is. Ons sien dit telkemale in die Skrif en geskiedenis. Wanneer ons 'n pad met die Here begin stap en agter Jesus aan loop, dan sien ons dit ook. Die verskil is egter dat daar 'n verwagting is van ons kant af... ons moet God lief hê en Sy gebooie gehoorsaam.
Jesus het gesê dat as ons Hom liefhet, dan sal ons doen wat Hy sê. Dus is hier 'n korrelasie van God se getrouheid in ons lewens, en ons wat op die regte pad wandel en op Hom vertrou.
Ons kan nie op Hom probeer vertrou en verwag dat Hy getrou moet wees teenoor ons, terwyl ons Hom nie dien en lief het nie.
If you want His blessing, you need to first love and obey Him!