1 min read

13 April - Liefde vir ander met krag van bo

13 April - Liefde vir ander met krag van bo
En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. Amen. - 1 Tessalonisense 3:12-13

Om ander mense lief te hê is iets wat die Here van ons verwag. Dit is n opdrag wat ons moet gehoorsaam. Dit mag dalk baie moeilik wees, maar die Here verwag nie dat ons dit in ons eie krag moet doen nie.

Ons moet gehoorsaam wees, maar die krag om volhoubaar lief te kan hê kom van die Here af. Ons moet net eers die stap van gehoorsaamheid neem en die besluit maak om te doen wat van ons verlang word. Die res sal volg.