1 min read

8 April – God vra my hart

8 April – God vra my hart
Gee my jou hart, my seun, en laat jou oë vreugde vind in my paaie. - Spreuke 23:26 (AFR20)

God vra nie net vir goeie dade nie, maar ons harte. Ware oorgawe begin van binne. As ons hart nie op die regte plek is nie, dan beteken die dade nie veel nie. Wat in ons hart groei en vlam vat, spoel oor na aksie toe. Wat in die hart aan gaan is die ware refleksie en net God kan dit werklik sien en onderskei.