1 min read

14 April – Oorgawe bring vrede

14 April – Oorgawe bring vrede
En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in •Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak. - Filippense 4:7 (AFR20)

Ware vrede kom wanneer ons ons bekommernisse aan God oorlaat. Oorgawe maak plek vir vrede. Gebed is een van die kern gereedskap wat 'n gelowige het om in volle oorgawe en vrede te lewe.

Wanneer ons nie vrede het nie en ons oor allerlei dinge kommer - dan leef ons nie in volle oorgawe nie. Dit is 'n groot oomblik van rustigheid en vrede wanneer ons so in oorgawe lewer dat ons absoluut geen kommer het nie, ongeag die situasie of die gevaar.

Mag jy dit reg kry om in soveel oorgawe te lewe dat jou lewe gevul is met die vrede wat God vir ons op 'n bonatuurlike manier verskaf!