1 min read

11 April - Geloof wat getuig

11 April - Geloof wat getuig
[6] En julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword. In baie moeilike omstandighede het julle die woord aangeneem met 'n blydskap wat van die Heilige Gees kom. [7] So het julle 'n voorbeeld geword vir al die gelowiges in Masedonië en in Agaje. - 1 Tessalonisense 1:6-7 (AFR83)

Wanneer ons in moeilike tye Jesus aangryp, is dit nie tevergeefs nie. Die uitwerking van die Heilige Gees in ons omstandighede word n getuienis vir die wêreld om ons en dit bring hoop.