15 April – Ek gee oor
Vertrou jou lewenspad aan die Here toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree. - Psalm 37:5 (AFR20)
Om jou pad aan die Here toe te vertrou, is om dit in Sy hande te plaas. Hy sorg vir die uitkoms. Ons probeer baie maal sin maak van wat die toekoms in hou of wat ons moet doen of nie doen nie sodat ons op die regte pad kan loop. Alhoewel ons wysheid kan vra en moet toepas, die toekomspad wat ons stap is in die Here se hande.
Die Bybel leer vir ons dat ons ons planne en begeertes aan die Here bekend moet maak en Hy sal ons die regte pad laat loop. Dit sê hoe Hy dit gaan laat gebeur nie, maar dat ons moet vertroue kan weet ons eindig op die regte eindbestemming op, mits ons in geloof wandel. Dit beteken ook nie dat die eindbestemming dalk lekker of goed gaan wees nie, maar dit beteken dat God in Sy soewereiniteit ons daar wil hê.
So, die Bybel leer nie vir ons dat die Here vir ons gaan WYS of TEKENS gee van wat ons moet doen nie, dit leer ons net om dit aan Hom oor te gee en in geloof te bly wandel. Dit is "scary" en verg geloof en baie vertroue. Dit is dalk moeilik om vorentoe te beweeg in die onbekende in, maar niks anders gaan vir jou die geestelike vrede en gemoedsrus gee tensy jy ten volle oor gee aan die Here nie en op hou om als voor die tyd te probeer uitpluis en antwoorde te soek voor die tyd.
Hou op soek. Hou op self plan te probeer maak. Hou op wag vir antwoorde en in jou eie krag te vermag. Doen die nodige huiswerk binne jou vermoë, vra mentors vir advies, BID en maak 'n ingeligte besluit, reg of verkeerd maak nie saak nie - want God is nie beperk tot jou regte of verkeerde besluit om jou op die regte pad te laat opeindig nie!