1 min read

18 April - Lewe vir ander

18 April - Lewe vir ander
[14] Ons druk julle dit op die hart, broers: Wys die leeglêers onder julle tereg, praat die kleinmoediges moed in, help die swakkes, wees met almal geduldig. [15] Sorg dat niemand 'n ander mens kwaad vir kwaad vergeld nie. Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges en van alle mense. - 1 Tessalonisense 5:14-15

Ons lewe nie vir onsself nie, maar vir God se koninkryk. Ons moet ander se belange op die hart dra. Dit is 'n opdrag wat ons as gelowiges moet uitvoer.

Hoe sou jy jouself hieraan evalueer?