1 min read

10 April – Gehoorsaam sonder applous

10 April – Gehoorsaam sonder applous
“Wees op julle hoede dat julle nie julle •geregtigheid voor die mense beoefen om deur hulle gesien te word nie, anders is daar vir julle geen beloning by julle Vader in die •hemele nie. - Matteus 6:1 (AFR20)

Ware gehoorsaamheid soek nie erkenning nie. God sien wat in die geheim gedoen word. Wanneer ons die Here eer deur gehoorsaam te wees, dan moet ons nie verwag dat ons "beloon" sal word nie. Ons moet dit doen, want dit word van ons verwag. Partykeer wil 'n mens darem net 'n vorm van erkenning kry wanneer jy iets reg doen of goed doen - maar die realiteit is, ons moet doen wat reg is sonder om 'n "well done!" te verwag.

Dien jy die Here op so 'n manier dat jy wag dat Hy jou beloon, of doen jy wat God van ons verwag sonder enige motiewe?