1 min read

24 April – Hoe reageer jy wanneer jy bang is?

24 April – Hoe reageer jy wanneer jy bang is?
Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U. - Psalms 56:4 (AFR20)

Wat is jou eerste reaksie wanneer jy bang word? Wat is jou "default setting" wanneer dinge skeefloop? Spiraal jy en verloor jy jou kop? Vind jy gou jou voete en staan terug en laat dit aan die Here oor?

Vertroue is ’n keuse wat ons herhaaldelik moet maak. Wanneer dinge skeefloop en ons bang word, moet ons kies om God te vertrou bo ons vrees. Dit is nie maklik nie en kom nie noodwendig dadelik nie, maar soos ons leer om op die Here te vertrou en geestelik groei, word dit makliker en deel van ons natuur.

Wanneer jy volgende keer weer bang word, sê vir jouself hardop: "Ek vertrou net op U!"