1 min read

12 April - Suiwere motiverings

12 April - Suiwere motiverings
Nee, God het ons gekeur en die evangelie aan ons toevertrou, en so verkondig ons dit dan ook. Ons wil nie die guns van mense probeer wen nie, maar doen wat God verwag, Hy wat ons diepste gedagtes toets. - 1 Tessalonisense 2:4

Paulus beklemtoon dat hulle die evangelie moet verkondig omdat dit aan hulle toevertrou is en dat hulle dit doen vanuit gehoorsaamheid teenoor God en wat God van hulle verwag. Die ware motivering vir die verkondiging van die Evangelie toets die Here, wat alles sien.

As jy die Evangelie aangeneem en ontvang het, wat maak jy met daardie groot waardevolle skat? Hou jy dit vir jouself of deel jy dit?

Onthou, God sien en toets ons diepste gedagtes en beweegrede.