1 min read

30 April – Gebed van oorgawe

30 April – Gebed van oorgawe
Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. - Romeine 11:36 (AFR83)

Alles behoort aan die Here. Die wêreld en alles daarin. My lewe en alles wat ek het behoort aan Hom. Ek kan nie op myself roem nie en ook nie op my eie insigte nie. As ek op iets wil roem, dan moet ek roem op die Here - my Heer, my Koning en my God!

My gebed elke dag moet wees 'n gebed van oorgawe en totale afhanklikheid van die Here, want sonder Hom is ek niks en het ek niks.

Ek loof en Prys U Naam o Heer, aan U kom al die lof toe! Mag my lewe 'n lewe van oorgawe wees, ten volle toegewy aan U en U Koninkryk. Dit is my gebed dat U elke leser wat hierdie insetsel lees, sal seën en die krag gee om in oorgawe teenoor U te lewe.