29 April – Vertrou Hom vandag
“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” - Matteus 6:34 (AFR83)
Vertroue begin wanneer jy jou oë in die oggend oopmaak. Jy weet nie eers of jy jou oë die volgende môre gaan oop maak wanneer jy in die aand gaan slaap nie - ons moet nie die lewe en elke dag wat die Here ons gee tevergeeds aanvaar nie. Ek maak self baiekeer hierdie fout. Ek gaan slaap met môre se dinge wat deur my kop maal en ek sê vir myself - okay net vinnig gaan slaap en net nou weer aandag gee... Maar ek het nie eers die sekerheid dat ek wakker gaan word elke oggend nie.
Dit moet my 'n bietjie laat stilstaan en net weereens laat besef dat elke dag moet ek op die Here vertrou. Ek vertrou dat ek môre oggend weer gaan wakker word. Ek vertrou dat alles wat ek nodig het om die dag aan te pak en deur te maak - sal God vir my gee. As ek oor môre moet kommer, dan gaan ek nie vandag en dit wat nou voor my is waardeer en aandag gee nie.
Vertrou op die Here vir vandag en lewe in die teenwoordige tyd.