28 April – God se wil is lewe
Julle moenie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is. - Romeine 12:2 (AFR20)
God se wil lei na ware lewe en vernuwing. Oorgawe bring verandering. Wanneer ek in oorgawe lewe teenoor die Here, dan laat ek die Here toe om my denkte te vernuwe. Die Heilige Gees begin om my natuur en menswees te verander - te verbeter - om meer gelykvormig te word aan Jesus.
Waar skiet jou natuur tans tekort wat jou verhinder om vernuwe te word?