1 min read

13 Mei - Het jou gedagtes jou al weg gegee?

13 Mei - Het jou gedagtes jou al weg gegee?
[17] Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser. - 1 PETRUS 2:17 (AFR83)

Om alle mense te respekteer is nie maklik nie. Het jy al na iemand gekyk, dalk iemand in die regering, jou werksplek of iemand wat jy nou net mee te doen gehad het – en stilleweg dink jy by jouself hoe sleg of onnosel die persoon dalk is... of wat ookal. Jy dink iets wat jy nie hardop sal sê nie, want jy weet dit is nie mooi nie.

Om alle mense te respekteer en lief te hê is iets wat ons nie net moet wys nie, maar moet dink ook. Ons gedagtes kom eerste op, dan het ons 'n kans om ons gedagtes te "filter" en dit eenkant toe te skuif of om dit te koester.

Mag die Here ons help om alle mense, veral die wat in gesag is, lief te kan hê en te respekteer soos Hy van ons verwag sodat ons goeie ambassadeur kan wees vir Christus.

"Vader, help my asseblief om my gedagtes te bewaar sodat wat ek dink en by my mond uit kom in lyn is met U Woord en wat U van my verwag. Amen."