1 min read

11 Mei - Lewe voorbeeldig

11 Mei - Lewe voorbeeldig

[11] Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net 'n mens se lewe. [12] Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening. - 1 Petrus 2:11-12

Hoe ons lewe begin van binne. Wat in my innerlike begeertes en gedagtes aan gaan het 'n invloed op hoe ek myself gedra in hierdie wêreld. Hoe ek by die werksplek optree, tussen vriende of in die publiek.

God wil hê ons moet onberispelik lewe sodat al probeer mense baie sleg van ons praat - hulle nie eintlik 'n vinger kan wys nie en op die dag van die Here, hulle eintlik ons Goddelike gedrag kan prys en die Here eer gee.

Leef 'n lewe wat God kan seën...