1 min read

10 Mei - Smag om te groei

10 Mei - Smag om te groei
[1] Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery. [2] Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. - 1 Petrus 2:1-2

Vernuwing begin van binne, dit begin by ons innerlike begeerte. God roep ons om geestelik te groei en volwasse te raak, maar dit gebeur eers wanneer ons hunker na die Woord van God en onsself vul met suiwere leëring.

Jy kan nie verwag om geestelik te groei en volwasse te word as jy nie tyd spandeer in die Woord nie. Wanneer jy daardie dringendheid en begeerte het om meer en meer Skrif te wil lees dan kan jy weet dat jy op die regte pad is.

Het jy tans 'n daaglikse begeerte en dringendheid om gedurig of daagliks tyd in die Woord te wil spandeer?