1 min read

9 Junie – Balans tussendeur jou werk

9 Junie – Balans tussendeur jou werk
Hy sê toe vir hulle: “Kom julle saam na 'n verlate plek en rus 'n bietjie op julle eie.” Want daar was baie mense wat voortdurend gekom en gegaan het; hulle het selfs nie kans gekry om te eet nie. - Markus 6:31 (AFR20)

Ek weet nie van jou nie, maar wanneer daar so baie werk is wat gedoen moet word dan sukkel ek om toegewyde tyd uit te sit vir rus. Die werk wat nog gedoen moet word en nie klaar kom nie sit soos 'n berg voor my en ek wil nie noodwendig slaap of rus tyd uit sit nie, anders is ek bang ek gaan nooit die werk klaar kry nie.

Ons is geroep om te werk, maar ons moet ook onsself herinner dat as ons moeg raak en uit brand, ons nie meer effektief verder sal kan werk nie. Jesus het gesien dat Sy dissipels moeg was en het seker gemaak dat hulle rus kans kry. Het jy dalk 'n rus kans nodig vandag?

Onthou dat ons die Here eer deur ons toewyding by die werk - maar ons eer Hom ook wanneer ons tyd vat om te rus sodat ons beter kan fokus en ons werk weer met ywer en nuew krag aan pak.