9 Augustus – Tevredenheid beskerm my hart

9 Augustus – Tevredenheid beskerm my hart
Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe. - Spreuke 4:23 (AFR20)

Dit wat in ons hart om gaan bepaal ons lewe. Wanneer ek tevrede is, dan het ek rustigheid in vrede in my hart. Wanneer ek tevrede is, dan is ek vergenoegsaam. Mense wat nie tevrede is nie, is behep met wat ander het of hoe dinge anders kan of kon wees.

Ontevredenheid kan ons in die versoeking lei wanneer daar geleenthede oor ons pad kom wat nie goed is nie, maar ons wil die geleentheid gryp omdat ons iets anders soek of wil hê. Of dit nou jou werk, verhoudings of besittings is – wanneer ek nie tevrede is nie, dan kan ek versoek word om stappe te neem wat ek nie anders sou neem nie om te kry wat ek wil hê.

Bewaak jou hart en beskerm jouself van enige versoekings deur tevrede te wees.