8 November – God is naby
Die Here is na aan hulle wat gebroke harte het; wie se gees verpletter is, verlos Hy. - Psalm 34:19 (AFR20)
In tye van swaarkry is God naby. Ons mag dalk nie so dink of voel nie, maar wanneer ons ons oë op Hom gerig hou en die Woord ons herinner aan Sy teenwoordigheid, dan kan ons weet Sy teenwoordigheid gee hoop.
Dit is moeilik om vir iemand te verduidelik hoe dit voel as jou gees verpletter is - maar die Here weet hoe ons voel. God is naby. Herinner jouself daaraan en vra Hom om jou op te tel en rustigheid te gee.