22 November – Hoop in God alleen

22 November – Hoop in God alleen
Vind rus by God alleen, my siel, want op Hom is my hoop gevestig. - Psalm 62:6 (AFR20)

Ware hoop rus in God, nie in omstandighede nie. God maak dalk nie altyd Sy teenwoordigheid so duidelik bekend nie, maar dit beteken nie dat ons alleen is nie. God is konstant en ons omstandighede is op en af en verander die heeltyd. Hoe meer ons ons hoop op Hom plaas, hoe meer konstant of matig sal ons gemoed wees.

Waar plaas jy tans jou hoop?