20 November – God bly getrou
God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here. - 1 Korinthiërs 1:9 (AFR20)
God verander nie. Hy bly getrou en die reddingswerk wat Hy in ons begin het deur ons verbondenheid met Jesus, sal Hy deursien tot die einde toe op die dag waarop ons voor Hom staan.
Sy trou dra ons ook deur elke seisoen van ons lewe.
Hoe ervaar jy God se trou?