19 November – Hoop vir môre
Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom, my God, weer prys vir die verlossing wat Hy, my God, deur sy teenwoordigheid bring. - Psalm 42:12 (AFR20)
Selfs wanneer ons harte swaar is, kan ons op God hoop. Dawid voel of die Here nie naby is nie, hy voel hoe die mense hom spot. Hy herinner homself om op God te hoop ongeag wat hy dalk beleef.
Het jy nodig om jouself vanoggend te herinner aan die hoop wat ons op God het vir ons verlossing van die situasie waarin ons onsself bevind?