21 November – Volharding bring vrug
Kyk, ons beskou hulle wat volhard, as gelukkig. Julle het gehoor van Job se volharding, en julle het die Here se einddoel met hom gesien, en dat die Here vol medelye en ontferming is. - Jakobus 5:11 (AFR20)
Volharding lei uiteindelik na seën. Die profete en menigte groot geloofsreuse in die Bybel het deur moeilike tye gegaan en dit was altyd vir 'n groter doel van die Here. Ons moet volhard, want die Wederkoms van die Here is naby. Dit kom wanneer niemand dit verwag nie en dus moet ons altyd gereed wees en nie verslap nie. Wanneer ons volhard, dan pluk ons die vrug wat die Here vir ons voorberei.
Waar wag jy op vrug?